Was gisteraand by die Brake en Clutch (miskien ken julle dit as die Steak and Ale) in Centurion. NUL, BuckFever Underground en Trike het gespeel. BuckFever se kitaarspeler speel ‘n normale regterhandse elektriese kitaar links. Wat dit fokken weird maak is dat hy, anders as wyle Jimi Hendrix, nie die snare omruil nie! Dit maak die klank van die band baie psigedelies. Koppel dit met ‘n verteller (Toast Coetzer) wat bisarre gedigte voorlees uit ‘n notaboek i.p.v. ‘n sanger en jy eindig op met ‘n dekonstrukivistiese klank wat effense eggos van The Doors, die Velvet Underground en ander sestigs en sewentigs bands het. Ondergronds, diep ondergronds.
NUL het soos altyd gerock met hulle befokte industriële klank, êrens tussen Dépêche Mode en Rammstein in Afrikaans. Hulle is een van die opwindendste nuwe verskynsels op die Suid-Afrikaanse toneel en gaan nog ‘n lang pad loop.
Trike is a duo wat baie donker lirieke met minimalisties kitaarspel kombineer, nie almal se koppie tee nie maar definitief anders.